Agter die Masker deur Mariska Kemp
Agter die Masker deur Mariska Kemp
Hierdie boek word spesiaal opgedra aan elke vrou wat dink dat hulle nie ‘goed genoeg’ is nie, diegene wat voel dat hulle aan die vereistes van “die wêreld” moet voldoen om liefde, vreugde en vrede te kan ontvang.
JY IS GENOEG...
Glo dit!
Ontvang dit!
Leef dit!
“The secret to change is to focus all of your energy, not on fighting the old, but on building the new.” - Socrates –
RESENSIE VIR AGTER DIE MASKER:
Om hierdie boek te lees, is soos om saam met 'n wyse vriendin 'n koffie kuier te hê. Dit lees so gemaklik! Jy lag saam, jy huil saam, en daar is soveel "a-ha!" oomblikke! Jy sit die boek neer en besef dié boek bly op jou bedkassie. Dis 'n reis na vrede diep in jou siel, wat oorspoel na elke aspek van jou menswees. Die spieël (letterlik en figuurlik) is nie meer iets om te vermy nie...
Jolanie Du Plessis