Gedigte, Gedagtes & "Guts" geskryf deur Jacques Keulder
Gedigte, Gedagtes & "Guts" geskryf deur Jacques Keulder
Gedigte, Gedagtes & "Guts"
Hoekom nou juis so 'n vreemde titel vir 'n dagstukkie boek? mag jy dalk vra. Want dit is juis waaroor hierdie boek gaan. Sover ek weet is dit die eerste boek van sy soort.
Hierdie dagstukkie boek is gebore uit my liefde vir God, gedigte lees en veral die skryf van gedigte en gedagtes. In hierdie boek het ek sekere Skrifgedeeltes geneem uit die Woord van God, sommige bekend en ander minder bekend. Ek het gedigte daaroor geskryf om die gedeeltes meer verstaanbaar te maak vir my. Alhoewel dit my interpretasie daarvan is, sal dit die leser help wat tyd met God wil spandeer. Die beste metode sal wees om die Skrifgedeeltes uit die Woord van God te gaan lees, dan die gedig soos geïnterpreteer, dan die gedagte daaroor te lees, die gebed te bid en dan die "guts" hê om dit vir daardie spesifieke dag te mediteer en uiteindelik deel van jou geloofslewe te maak.
Daar is ook plek om jou eie notas te maak om die boek meer persoonlik te maak. Die geleentheid-uitdaging wat aan die einde van die dagstuk daar geplaas is, sal jou help met hierdie proses.
Lekker lees
Jacques