Skip to product information
1 of 1

Geknakte Riet geskryf deur Magdaline Olyn

Geknakte Riet geskryf deur Magdaline Olyn

Regular price R 160.00 ZAR
Regular price Sale price R 160.00 ZAR
Sale Sold out
Taxes included. Shipping calculated at checkout.

Mattheus 12: 20 'n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, 'n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring.

In hierdie boek leer ken die leser vir Magda, 'n onderwyseres van beroep, met 'n passie vir die onderwys. Sy wil 'n verskil maak. Die leser leer ken haar vriendinne Tia en Beatrice, saam met wie sy grootgeword het. Saam het hulle skoolgegaan, gaan 'swot' na skool en ook saam beland by dieselfde skool, waar hulle nou onderwys gee.

Een aand tydens 'n funksie by die skool ontmoet sy 'n man, wat sy herken as 'n skoolvriend van haar jeugjare. Min weet sy dat hierdie haar 'trouman' is. Voor sy haar oë uitvee, is Magda getroud en hulle word geseën met twee pragtige seuns.

Ongelukkig gebeur die lewe, en Magda se lewe val aan flarde. Met 'n gebroke hart moet sy die lewe in die gesig staar, en die beste maak van haar omstandighede ter wille van haar twee seuntjies. Egskeiding en depressie is skielik iets waarvan sy nie net hoor en lees nie. Dit is 'n werklikheid wat haar in die gesig staar.

Met hierdie boek wil die skrywer lesers bemoedig dat die seer van egskeiding, depressie, hartseer en eensaamheid oorkom kan word. Geknakte Riet is die debuut boek uit die skrywer se pen, en ons sien uit na nog vele wat gaan volg.

"Christus is ons enigste hoop!

Ek hoop u geniet hierdie boek.

Shalom"

Magdaline Olyn

View full details