Van Ashoop tot Oorwinning {eboek}
Van Ashoop tot Oorwinning {eboek}
Hierdie besonderse dagstukkie bundel bevat 120 boodskappe van hoop vir elke dag. Dis in ‘n maklike, leesbare trant geskryf en jy kan jouself so maklik vereenselwig.
ELKE PROBLEEM HET NIE 'N OPLOSSING NIE,
MAAR ELKE UITDAGING HET 'N EINDE...
Soms voel teologie asof dit te hoog is vir die menslike verstand, veral wanneer jou hart rou is, en depressie klop aan die agterdeur, en angs aan jou voordeur, en twyfel hardloop deur jou gange. Dan ontdek jy hierdie outeur en haar boeke. Haar skryfstyl is die van 'n kosbare vriendin, wat by jou sit en gesels. Sy deel haar ervarings, eerlik en reguit, en sy deel die hoop en liefde en genade van Jesus op so 'n wyse dat jou siel verkwik voel en jou hoop weer opvlam. Mag sy nog 'n duisend en tien boeke skryf!! Jolanie.